• new-4-.jpg
  • new-6-.jpg
  • new-2-.jpg
  • new-1-.jpg
  • new-3-.jpg
  • headerfinal-2-.jpg
  • headerfinal-3-.jpg
  • headerfinal-5-.jpg
  • headerfinal-4-.jpg

Welcome to Dagbreek Kennels

German Shorthaired Pointers

Welcome to the home of Dagbreek GSP Kennels. We are German Shorthaired Pointer breeders situated in Marble Hall, Limpopo.

Dagbreek GSP Kennels breed GSP’s with the sole purpose to provide quality GSP’s to real animal lovers. Our dogs perform all over the country!

Dagbreek GSP Kennels is registered at:
KUSA: Ambelagi Reg No. 145041
SACBR: Kennel Reg No. GSP01/2010

 


Before you get a GSP read here/Voor jy n GSP kry lees hier ...

Hi Karolien!

Ek hou van julle nuwe website - veral die foto's is pragtig.

Bentley (Zoi en Kai pup) en Luca (Kai en Jill pup) is baie lief vir die veld en veral bikejoring. Ons spoed op hierdie stadium is gemiddeld 25km per uur en ons doen 'n roete van 12 km met hulle. Gelukkig is daar halfpad 'n dam waarin hulle kan afkoel.

Bikejoring en Canicross is besig om in Europa en Amerka 'n baie gewilde sport te word - en GSP's is die mees gewildste ras wat die wereld kampioene gebruik!

Aangeheg is 'n paar fotos.

Ek stuur vir jou hierdie email want ons het gedink ons was voorbereid gewees met wat dit alles behels om 'n GSP te kry.... ons het geweet hulle het baie oefening nodig en dat hulle baie energie het. Maar ons was nie voorbereid gewees op wat "baie oefening" rerig behels nie... Maar ons is 100% committed om gesonde, gelukkige honde te hê en ons gaan stap 4x 'n week 'n roete by Hedianga Farm in Olympus, Pretoria van tussen 3-6 km en dan doen ons oor die naweek bikejorring of ons stap 'n 10km roete met hulle.

Aan die begin (toe hulle nog onder 1 jaar was) en ons bietjie gesukkel het met vreemde voorwerpe wat hulle gekou het, het die veearts altyd vir ons gevra of hulle genoeg oefening kry, dan was ons antwoord: "ja, ons gooi elke dag bal en ons gaan parkie toe oor naweke". Dan, as die veearts vir ons sê doen meer, het ons gedink hy is heeltemal mal, want hoeveel oefening kan 'n hond nou nodig kry?

Nou, na sowat 3 jaar besef ons dat die oefening wat hulle nou kry, nou eers op standaard is. Ek kan dadelik agterkom as ons een dag in die week 'n stappie skip hoe onrustig hulle raak en hoe die stoute neigings (soos grou in asbilkke etc) weer begin kop uitsteek.

Julle is so bevoorreg om julle honde in 'n plaas atmosfeer groot te maak.

Ek weet baie van julle pups gaan na families toe in die stad. En baie van hulle gaan nie noodwendig met hulle jag nie. As van hulle dalk vir raad by jou aanklop oor hoe om ontslae te raak van "destructive behaviour" met hulle honde, kan ek as stadsjapie vir jou sê die enigste raad is: "vat jou uit. gee vir hom oefening, baie oefening, en as dit koud en reen weer is, vat hom dubbeld so ver uit as gewoonlik".

Laastens moet ek vir jou dankie sê. Die pups wat julle teel, is fantasties! Hulle is pragtige honde, met 'n wonderlike persoonlikheid. Die beste toevoeging tot ons gesin. Om in die aand saam met hulle tyd te spandeer op die bank is van die lekkerste tye van my lewe. Ek sal my honde vir niks in die wereld verruil nie.

Baie groete
Anita Adlem

General