• headerfinal (2).jpg

A day in the life of...

Sep 5, 2016

Bakkies


Bakkies is nou al 'n massiewe hond en die ergste hiperaktiwiteit is verby, so ons verstaan mekaar beter. Hy staan nou al 'n paar sentimeter bokant ons Weimaraner en eet ons nog steeds uit die huis uit. Ons gaan gereeld nog na training toe, het nog nie verder as die puppie klas gevorder nie, maar gaan al baie beter as die begin. Kan al amper sonder 'n leash loop.

 

Bakkies en Karl (my seun) het 'n incredible "bond", baie lief daarvoor om saam buite te speel (in die modder) en Anje (my dogter) gaan ook training toe om met Bakkies te oefen. Hy slaap elke aand langs die bed op die harde vloer aan my man se kant - alhoewel hy 'n sagte mandjie het - verkies hy dit by ons.

Bakkies is absoluut mal oor swem.  Sal sommer inspring en net begin swem, al langs die kante, rond en rond.  Natuurlik is sy hoogtepunt van die dag as ons die bal vir hom ingooi en hy kan inspring om dit uit te haal.  Ons tuinier asook ons speel baie bal met hom en nou is die bal 'n beter training method as kos.

Dink nogal Bakkies geniet dit by ons - veral hier waar hy onder die lesenaar le op my voete - soos elke dag as ek tuis werk.

GROOTWORD

Bakkies en Karl is groot "palle". Albei word nou groot.

Little man... (geneem 19 Augustus 2013)

SKOOL TOE

Bakkies het eenkeer Karl se skoolsak "gesteel" en buite gaan wag met hom - ons was oortuig hy wou seker maak Karl gaan nie volgende keer met die sak alleen skool toe nie.

SWEM, SWEM EN NOG SWEM


Thank you, Marlise, for sharing Bakkies with us!