• headerfinal (2).jpg

A day in the life of...

Sep 5, 2016

Sherlock & Coco


Hier is 'n paar foto's en nuus oor ons nuwelinge... Hulle is 'n absolute fees en het vinnig in ons harte ingeklim.

Die house training het die eerste dag of twee stadig begin, maar hulle het vinnig gesnap en ons gaan nou al vir 'n week sonder glips in die huis. Die Crate training het ook baie goed gewerk - hulle is heel gemaklik in die crates (maar ons gebruik dit nog net vir slaap in die aand - en hulle is heel gemaklik om in die crate / hok uit te pass).

Ons is nie heeldag by die huis nie, en veral Sherlock (R8), kan 'n ruk lank huil voor hy Coco storm loop oor die speelding wat hy in sy bek het. Hulle kou beide lekker, soos verwag, maar daar is darem baie kou goed wat ons vir hulle gee. Verbasend genoeg het hulle vinnig gesnap om my sproeierkoppe uit te los... (maar hulle was dalk nog nie verveeld genoeg nie.)

Ons vat hulle saam na parkies, familie en na die local organic mark wat ons het - en hulle gedra hul baie goed. Is baie vriendelik met ander mense en honde.

Die foto's waar Madelein hul vashou was nogal snaaks. Ons het hulle gedra by die mark omdat daar nogal baie mense is... Toe besluit hulle dis slaaptyd :)

Dankie vir wonderlike hondjies!

Groete, 
Karl

(brief aangepas)