• headerfinal (2).jpg

Letters

Aug 8, 2018

Uultimate companion dog


Beste Karolien,
na ons eerste GSP pup oorlede is weens omstandighede buite enigiemand se beheer, het ek nie gedink dis moontlik om weer so 'n lovable hondjie te kry nie.
Jy het ons verkeerd bewys met die hondjie wat jy uit simpatie met ons ander pup se dood, teen geen onkoste,vir ons gestuur het.
Ek dink hierdie gebaar getuig van hoe jy voel oor die ras in geheel, en ook oor elke pup wat jy uitplaas.

Ek het hordes fotos om te wys hoe gelukkig hy by ons is en hoe lief ons vir hom is,maar dit is soortgelyk aan al die ander foto's op jou webwerf, so ek dink dis onnodig, die punt is reeds gemaak dat die GSP die 'ultimate companion dog' is. 
Hulle raak so deel van 'n huishouding dat ek nie weet op watter stadium ons vir hom gaan sê dat hy eintlik 'n jaghond is en veronderstel is om soms buite te wees en ons te beveilig nie,maar ek het volle vertroue dat hy dit ook sal doen as dit nodig is omdat hulle so slim en intuitief is.
Nou ja, ek kan vir ewig aangaan oor hoe besonders en spesiaal die ras is,maar eintlik wil ons gesin net dankie sê vir die mooi gebaar en dat ons mooi na hom sal kyk.
Groete, Visagie gesin, Piketberg, Wes-Kaap

Max. Size: 500kb Extensions: jpg,gif,jpeg
Max. Size: 500kb Extensions: jpg,gif,jpeg
Max. Size: 500kb Extensions: jpg,gif,jpeg
Max. Size: 500kb Extensions: jpg,gif,jpeg
Max. Size: 500kb Extensions: jpg,gif,jpeg
Max. Size: 500kb Extensions: jpg,gif,jpeg
Please enter the letters from the image.
* Please fill all required form fields.